Oraniërs is lief vir musiek en ons passie is om inwoners bloot te stel aan hoë gehalte musiek. Eerstens bereik ons dit deur musiekonderrig in Orania te ondersteun en te help uitbrei. Tweedens om musiekuitvoerings aan te bied en derdens om ons ryk versameling van musiekinstrumente aan OKeR -lede beskikbaar te stel om te huur. Laastens kan die klanke van die OKeR-ensemble gereeld gehoor word by dorpsgeleenthede.