Ons droom van ‘n teaterhuis
Beplanning aan ‘n teaterhuis vir die kunste in Orania is volstoom aan die gang en ons hoop om binnekort grond te bekom vir ons droom!
‘n Teaterhuis skep vir ons die ruimte om nie net die kunste uit te leef nie maar ook om die jonger geslag opgewonde te maak daaroor. Die teaterhuis sal onder andere ‘n kunstuiste skep vir opleiding, uitvoering en uitstalruimte.
Wees deel van die projek. Van alle ondersteunersgelde word 20% direk teaterfonds toe geplaas. Word vandag ‘n ondersteuner van OKeR en help bou aan Orania se eerste Teaterhuis