Sedert OKeR se ontstaan in 1996, word kunste bevorder en ondersteun – in Orania en onder Oraniërs. Vandag kan met waardering teruggekyk word na die pionierswerk wat deur instellings verrig is. Die insig om ‘n kunsteraad te stig, is deur die verloop van tyd net weer en weer bekragtig en dien as bewys: Oraniërs leef hul Godgegewe kreatiwiteit uit!
OKeR se veld is wyd en strek van musiek tot digkuns, beeldende kunste en toneelopvoerings asook klassieke musiekaande, plaaslike talentontwikkeling, redenaarsopleiding en ook die verfraaiing van ons geliefde dorp.